Mallemeule ( Afrikaans! - my bad!)
amper oggend. Ek was vroeer baie moeg, my ogies voel nogal toe nou, maar my kop is nou wakker. Alles pla. Weet nie hoe dit gebeur het nie, maar als voel meer na 'n gemors as enige iets anders.
Ek het vir hom gese hy gaan nie sms nie, en kyk ek was reg! Oe! Alister maak my kwaad. Nie dat ek wil he ek moet sms nie. Maar hy het homself gewip vir my. Dis so silly as mens vies is vir iemand en dan is hulle vir vir jou oor jy vies is vir hulle!
Ek het tog nie lus om op die Alice pad te dwaal nie. Ons spring maar na die Rudolph pad... wat 'n deurmekaar spul des te meer!
So ek's vies by die huis weg, come to think of it, ek's altyd kwaad? OF hoe? In elk geval, ek ry Cape Gate toe om vir Alister daar te ontmoet om 'n fliek te gaan kyk, maar ek moes eers vir my broer 'n sketch pad koop. Ek wou bittergraag net Mamma Mia gaan kyk het, maar later daaroor.
By Cape Gate aangekom, mission ek oor die kaal oop vlaktes my weg na PNA, en almal wat my sien kon sien ek is determined en voel 'n veer vir wie in my pad gaan kom. Ek het toe (vreemd, ek hoor Hadidas... die tyd van die nag?) In elkgeval ek loop so en dink en dink toe dat 'n ou my nog nooit opgechat het nie, en wonder toe by myself, maar hoe gebeur dit nou eintlik, want mens hoor altyd daarvan. 'n Wild vreemde ou en so. En toe verdwyn die gedagte.
Ek loop in by PNA en sien die mannetjie agter die til hou my dop en smile, ek maak oogkontak en knik met my kop en loop deur die winkel opsoek na die papier en potlode, vind net verf en canvas, vra toe 'n ander vroutjie vir die papier en sy wys dit vir my. Loop nog so paar keer op en af en kyk till se kant toe en sien hy's weg en vat wat ek wil he en mik till toe en daar staan hy weer. Ek loop na die een kant toe en hy knik met sy kop dat ek anderkant moet omkom en ek staan toe daar. En hy vra, "so do you like sketching..." Ek kon sommer sien, hier kom 'n ding en hy soek net 'n aanknopings punt. Ek se toe yes, but this is for my brother." Hy kyk af en ek kan sien die wieletjies in sy kop draai toe. Hy smile toe en se: "Can I tell you something..." Ek is soos, "yes..." En hy se: "With such a pretty face, you should be having a smile on your face." Ek glimlag toe en hy vra toe: "what do you do for fun? Just don't say sketching" En hy vra toe of ek naby bly en gereeld soontoe kom en ek kan sien die man probeer nou hard. Dit was flattering en komieklik op 'n manier en ek weet toe ek na die till toe loop moes ek gebloos het en my hart het effens vinnig geklop. Die knaap is lank en het blou ogies en is nogal aantreklik. Hy vra toe of ons eenkeer iets socially kan gaan doen en ek knik toe en hy se toe dat hy sy nommer vir my sal gee, since dit ons eerste ontmoeting is en als en skryf dit toe op 'n papier neer en OH! Hy het gevra wat is my naam en ek het gese Lianie, en natuurlik oor hy engels is, het hy eers gese Leonie, toe se ek nee, LIAnie. En toe kry hy dit reg en skud toe my hand en se dat sy naam Rudolph is. Dit was als funny. Hy het toe begin mompel daarna, iets oor die sak en hy kan nie vir my 'n huge sak gee nie en ek wou net loop, want ek wil lag. So ja, ek is laggend daar weg. MET sy nommer. Sy laaste woorde was, don't wait 3 weeks now!
Glo dit of nie, nadat ek met die PNA idee as werk en engels en ek weet nie wat nie idee in my kop gesit het, en gedink het dat ek net gevlei moet voel en hom dan afskryf, het ek toe wel later die aand hom gesms. Net gese haai en dis die skirt girl, Oh hy het in die gesprek ook gevra waar kry ek my romp en dat hy 'n vriendin het wat van rompe hou en hy wil haar se waar om te kyk en so aan. Was odd.
Hy het eers die volgende oggend, dis nou Woensdag gesms. Gese hy is glad dat ek sms en so aand. Ever since, sms ons gereeld... maar kort en ons se nie veel nie. Hy het eers soos 3 dae later gevra hoe oud is ek, en dus weet ek nou dat hy 29 is. En nie hoe nie, 2 smse later, se hy klaar ek's childish oor iets wat ek gese het, en toe is ek sommer soos WHA? In my kop natuurlik, dis nou net oor hy nou weet ek's 23. SInce when is ek childish. Ag in elkgeval, hy bly alleen in sy eie flat en hmmm... gaan club? Ja, ek weet nie, waar iemand wat by PNA in Cape Gate werk, 'n flat bekostig of rondrits in clubs of Waterfront toe gaan of so nie.
So versigtig soos ek wil wees, so roekeloos voel ek terselfde tyd. Ek weet nie, ek wil he hy moet sms en ek raak effe af as hy nie sms nie. Dis so stupid, want ek dink nie dit sal soos werk tussen ons nie, TOG, wil ek hom uitcheck en meer oor hom weet. AG I DON"T know! En raai wat?! ek het nou als in afrikaans getik en ek tik altyd in ENGELS en hoe moet die wereld nou lees wat ek getik het! Bloed!
Sal maar later vertaal.
So Rudolph is 'n vleiende kalant wat die lewe vir my moeilik maak as hy nie sms nie. I don't know. Ek vra hom mos toe of hy enige pretty face girls weer ontmoet het, toe se hy mos vir my ek moet hom nie judge nie, net oor hy die guts gehad het om met my te praat nie.! OH NE! Hy het ook nog daardie dag gese dat hyt gedag hy moet my onderlip met 'n shovel optel toe ek daar in stap, maar kyk nou net hoe mooi lyk ek as ek glimlag. Ons het nogal baie gepraat in die winkel, weird.
Hy't ook gesms dat ek 'n goeie hugger is, want hy kan dit in my smile sien.
Hy weet nie eens dat ek afrikaans is nie... IN fact, hy ken net my naam en hoe oud ek is... en waar ek my klere koop en min of meer waar ek bly, maar hy vra nooit uit oor my nie.
Player? I don't know. Smooth talker? I don't know. Ek wil aan die eenkant ook nie spoke opjaag nie. MAAAAR NOU JA! Dis nou Rudolph?
Voel ek guilty... JA! Alister het juis vanaand snuf in die neus gekry. I don't know. Ek wil nie sulke issues he nie. Ek wil net doen wat ek wil doen. Ek vlug sommer.
Ek dink ek tik 'n klomp tjol, dis asof ek net alles tik wat ek dink. Nie eens poeties maak of iets nie. Gits.
Ek mis vir Wiaan, hy moet nou terug kom uit Namibia. Ja. My kop maal en maal en wonder en wonder. Hoe werk die lewe. Vir wie wag mens, hoe weet mens.
God, die mens is so onverstanding en al het hy verstand dan ignoreer hy dit met die belangrikste tye. Hoe verstaan mens dit. Die lewe is soos 'n mallemeule, rondomtalie kop aan kop bots ongeluk... Nou is jy hier en nou is jy nie. Sonder dat jy werklik besef, dog weet jy, maar eendag dan raak jy net stil en sien, jy is lank al nie meer waar jy was nie en jy is lankal nie meer wie jy was nie.
Ek voel nou stil, ek dink ek is vir nou klaar gebabbel. Ek het slaap nodig, more is 'n nuwe dag en dan moet ek aan belangrike dinge fokus. Ek't nie tyd vir kinderagtige, ongeskikte outjies of vir grootmens, ou mens, lank mens mansmens vleiende mens, muisnes mans nie!
Nag.


